Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 9 VAN 17

Gaan dink na oor alles wat God al vir jou gedoen het. Maak ʼn lys. Miskien kan jy dink aan die verskillende fasette en dimensies van jou lewe. Miskien sosiaal, emosioneel, fisiek, hoe jy dit ook al wil opdeel, en dan dink jy net vir ʼn oomblik daaroor na. Wat daarvan is goed? Wat werk? Waarvoor kan ek dankbaar wees?

En dan koppel jy al die wonderlike goed in jou lewe aan God. Sê nou maar ek was siek, dan koppel ek dit aan dankbaarheid deur te sê: “Ek is so dankbaar ek is nou gesond. Ek is so dankbaar vir die regte medisyne, vir daardie briljante dokter wat my pad langs gekom het.”Jy koppel dit aan die Here.

Dan skryf jy dit. Skryf ʼn Psalm. As jy nie kan dig nie, as jy nie kan skryf nie, probeer net ʼn paar sinne. Sit dit net in woorde om en deel dit met iemand. Dis presies wat Dawid gedoen het. Dit help ons om groot skuiwe te maak. ‘n Groot gees in die vroeë kerk se raad was dat, wanneer jy raadop is, wanneer jy in ontwrigting is en alles in jou lewe deurmekaar is, gaan na oriëntasie toe. Gaan na dit wat goed is in jou lewe. Oriëenteer jouself net weer. Besluit dan, ek draai na God toe in hierdie reis ten spyte van alles wat in my lewe aan die gang is, sodat ek saam met Hom op hierdie reis kan gaan.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid