Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 4 VAN 12

Ek Kies Oorgawe Bo Beheer (Deel 1)



Oorgawe: Om afstand te doen (van iets) en dit aan iemand anders toe te vertrou

Beheer: om selfbeheersing uit te oefen of rigting aan te wys; te oorheers; bevel oor te neem


Ek is 'n beheervraat. Ek is gespanne as dit voorkom of ek nie in beheer kan wees nie. Die area van my grootste stryd, is om my kinders te beheer. Ek oefen beheer oor elke area van hul lewens uit en ek maak baie seker dat dinge gedoen word soos wat ek dit wil hê. Soos dit met beheer gaan, het dit spanning in ons huis geskep.



Ons oudste seun het pas 16 geword en dit was 'n tasbare oorgang. Hy bestuur al en het pas by sy eerste betrekking begin werk. Ek het 'n doelbewuste en moeilike besluit geneem om my greep op hierdie proses te laat vaar. Raai net wat het gebeur? Hy is na sy eerste onderhoud onmiddellik in diens geneem. As ek gekies het om beheer te neem, mag my seun dalk wel die werk gekry het, maar sou hy dan dieselfde sin van prestasie ervaar het as om dit op sy eie te kon doen? In plaas daarvan het ek oorgawe gekies. Soos dit met oorgawe gaan, het dit vryheid aan my en my seun gebring.



Van nou af gee ek my vrese, hoop en gedagtes aan God en ek voel hoe die las van beheer van my skouers afval. Hy stel my gerus dat Hy 'n plan vir my kinders het en dat ek Hom net hoef te vertrou. Hy wil hê ons moet beheer laat vaar en aan sy gesag en plan oorgee. Ek is so bly dat ek dit gedoen het.



Bid: Heilige Gees, sal U my oor die volgende paar dae wys wat ek in my hande probeer vasgryp om self te beheer? Sal U my help om eerder op God se vrede en krag staat te maak?



Christi Donaldson, Life.Church personeel eggenote en ma van vier


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid