Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 12 VAN 12

Ek Kies God se Verhaal



Ons het dag een van die leesplan begin deur oor die Goddelike gawe van keuse te gesels. Ons het ook die persoonlike verhale gelees van mense wat hierdie gawe ten volle in hul eie lewens toegepas het. Hulle het doel, gebed, oorgawe, krag, dissipline, liefde en die belangrike — bo gewildheid, kommer, beheer, volmaaktheid, spyt, wet en die dringende gekies. Wat doen jy met die gewaagde besluit van God om vrye keuse in jou hande te plaas?



Miskien het jy soos my kampus pastoor, Ronnie, besluit om elke week iets in jou kinders te belê. Of dalk voel jy soos Michael en Lee wat die strewe na wet en volmaaktheid oorkom het en nou gereed is om deur God se liefde en die krag van die Heilige Gees, wakker gemaak te word.



Baie van julle het swaarmoedig gevoel toe julle gelees het van Audra se herinnering aan Abraham wat bereid was om Isak op te offer, maar gevoel het hoe die swaarmoedigheid lig toe sy julle herinner het hoe God tussenbeide tree en ons seën wanneer ons beheer prysgee. Soveel pragtige verhale nè? As jy jou Ek Kies verhaal moes voorlê, wat sou dit wees?



Laat ek jou my verhaal vertel. Ek kies om vir jou te bid. Hier by Life.Church skryf ek leesplanne en ander lektuur om geestelik te groei. Wanneer jy dit lees, is ek van Maandag tot Vrydag in my kantoor waar ek inhoud ontwikkel om mense soos jy toe te rus en te bemagtig. Ek sal egter nie net skryf nie. Ek kies om tyd af te staan om vir jou te bid terwyl jy hier lees. Ek stel 'n weeklikse herinnering op my selfoon om dit nie te vergeet nie.



Ek bid dat jy van die lewende en beskikbare Heilige Gees sal hoor. Ek bid dat 'n spesifieke dag in hierdie leesplan jou vir 'n oomblik tot stilstand sal bring en jou na 'n nuwe vlak van krag, vryheid en vreugde in jou verhouding met mense en met Christus sal laat beweeg. Ek bid ook vir jou verhaal en ek is glad nie bekommerd nie, want God skryf die beste verhale.



Bid: Vader, dankie dat U my lei om te besef watter keuses ek moet maak. Ek bid dat U my sal gebruik om ander aan te moedig om 'n keuse te maak om deel van u verhaal te wees. Amen.



Jason Inman, inhoudsontwikkelaar by Life.Church.


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid