Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 3 VAN 12

Ek Kies Gebed Bo Bekommernis



Daar lê ek in 'n wit tonnel, vergesel van slegs my gedagtes en die sporadiese gegons en gekletter wat diep uit die apparaat kom. Toe die simptome meer as ses maande gelede begin het, het ek my nooit kon indink dat ek myself hier sou bevind, met vreesaanjaende moontlikhede wat my bedreig nie. Wat veroorsaak hierdie simptome? Veelvoudige sklerose? 'n Breingewas? Terwyl ek aan die moontlike toetsresultate dink, voel ek hoe my hart vinniger begin klop en trane in my oë opwel. Terwyl ek my trane wegknip, reik ek na die enigste ding wat my die afgelope maande standvastigheid gegee het. "Here, ek is bang en ek het U nodig."



In 'n wêreld van eindelose "wat as"-, en voortdurend veranderende "wat nou"- vrae, is dit maklik om op jou omstandighede te konsentreer. Ons laat die slegte mediese verslag, die sukkelende ekonomie, die toename van geweld in die nuus toe om saadjies van vrees en kommer in ons lewens te saai. Dit is die gevaar van bekommernis. Dit groei en neem kosbare ruimte in ons harte en denke in.



Tog is daar ook goeie nuus. Daar is iets wat ons kan doen om kommer nie slegs te oorwin nie, maar om dit te vervang. Ons kan kies om ons oë van die onseker omstandighede weg te neem en eerder op die dinge te vestig wat nooit verander nie. Dit is wat gebeur wanneer ons bid. In daardie oomblikke, wanneer ons gebed bo bekommernis kies, beweeg ons in die teenwoordigheid van ons oppermagtige, liefdevolle, wyse en onveranderlike God. Ons bring ons lofprysing en ons vrese na Hom toe. Hy is bekend daarvoor om kommer met vrede, vrees met vertroue en onsekerheid met hoop te vervang. Watter bekommernis neem dus ruimte op in jou hart? Kies om dit gevange te neem en vandag in gebed na God te bring.



Bid: Vader, ek gee _____ aan U. Sal U met u krag kom en aan _______ werk? Ek glo in U, Vader, ek vertrou u weë en plaas my hoop in U.



Divina Bruss, Life.Church personeel eggenote en moeder van vier


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid