Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 1 VAN 12

Hoekom Ek 'n Keuse Kry



Daar is mos hierdie teoretiese begrip wat "vrye keuse" genoem word. Nou praat ek nie van die lokettreffer in die somer van die vroeë 90's oor die orkawalvis, Free Willy, nie. Nietemin, as jy die rolprent gesien het, het jy waarskynlik daarvan gehou. Ek dink ons maak graag stories op en hou van stories oor vryheid, as gevolg van iets wat God in ons harte geskryf het. Ek glo God het die mens geskape met die vermoë om keuses te maak wat die uitkoms van gebeure verander. Abraham het gebid en Lot se gesin is gespaar. Saggeus het in 'n wildevyeboom geklim en Jesus het 'n aand in sy huis deurgebring en sy lewe het vir altyd verander. Adam en Eva het die verbode vrug geëet en daarmee die wet van sonde en dood ontketen.



Ek is byna 30 jaar oud en ek word bewus van 'n paar dinge oor keuses. Wanneer ek sterf, sal my lewe hier op aarde grotendeels (alhoewel nie ten volle nie) uit keuses bestaan het. Sommige sal ander mense se keuses wees, maar hoofsaaklik my eie. Daar sal leidrade in my liggaamsweefsel wees van wat ek gekies het om te eet en hoe dikwels ek die dissipline van oefening gekies het.



Die gevolge van my loopbaan sal 'n aanduiding wees van wat ek besluit het vir my betekenisvol en belangrik in die wêreld was. Die selfvertroue en geloof van my twee seuns en twee dogters, sal 'n verhaal vertel van hoe gereeld ek my aan God se wil onderwerp het, óf vasgeklou het aan my eie sin van volmaaktheid en beheer. Die woorde van mense by my begrafnis, sal die geheim openbaar of ek elke dag doel bo gewildheid gekies het. My keuse om Christus my Verlosser te maak, sou tot al hierdie keuses aanleiding gegee het en sal ook bepaal waar my siel op daardie dag sal wees.



Hiermee beweer ek nie dat ons keuses die enigste krag is wat in ons wêreld aan die werk is nie. Nee, dit sal ons soos God maak. Alhoewel God dikwels deur ons werk, werk Hy ook op maniere wat ons nie van nature kan begryp nie. Ons stry teen die donker magte wat vir God en ons goddelike keuses teenstaan. Dit is hoekom keuse en beheer verskillend is. Die regte keuses waarborg nie die gewenste resultate nie. Dit sou dieselfde as beheer wees. God verstaan dit ook.



Hy kan niks verkeerd doen nie, tog word Hy ontken deur baie mense vir wie Hy liefhet. Hoekom? Hy het 'n liefdevolle risiko geneem deur ons die vermoë te gee om te kan kies. As Hy dit nie gedoen het nie, sou ons almal in Hom geglo het en alles gedoen het wat Hy wou hê. Tog, as gevolg van sy uitvinding van keuse, kry ek die keuse om te glo in wat ek nie kan sien nie. Ek kry die vermoë van geloof. Die Skrif sê: "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil" (Hebreërs 11:6).



Dit is moontlik hoekom God die vrye keuse in my verhaal ingeskryf het. Dalk het die almagtige God vir ons keuses gegee om geloof moontlik te maak; en geloof om 'n wedersydse verhouding met Hom moontlik te maak; en verhouding om dit onweerstaanbaar te maak om nader aan Hom te kom. Eerlikwaar, ek weet nie vir seker nie, maar ek kies om in God se goedheid te glo en dat Hy my liefhet.



Bid: Vader, ek verstaan nie al u weë nie, maar al sien ek nie ten volle nie, kies ek om ten volle te glo dat U goed is en dat U my liefhet. Ek wil graag hê my keuses moet in pas wees met u wil. Sal U voortgaan om u begeertes aan my te openbaar?



Jason Inman inhoudsontwikkelaar by Life.Church


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid