Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 7 VAN 12

Ek Kies Krag Bo Volmaaktheid



"Wat in ons gedagtes opkom wanneer ons aan God dink, is die belangrikste ding van onsself." A.W. Tozer


Toe ek 'n volgeling van Christus geword het, was my siening oor God nie dié van genade nie. Ek het geglo redding vereis daaglikse transaksies waarin ek verlossing van my sonde sou kry in ruil vir meer genade. As ek selfs net een sonde nie bely nie, sou God my daarvoor verantwoordelik hou. Deur dit te glo, was ek in die wolke wanneer ek gedink het ek voldoen aan God se verwagtinge van my, om dan weer in vrees gedompel te word wanneer ek 'n fout maak.



So is ek vasgevang in 'n wipplankfase wat soos 'n trapmeul dieselfde patroon herhaal het: bely, spog, val en weersin. Hierdie verkeerde begrip oor God het my van geestelike volwassenheid weerhou en my gedwing om 'n vreugdelose stryd teen my sonde te voer, waarin Jesus alreeds die oorwinning behaal het. Teen die tyd wat ek dit besef het, het ek gevoel ek het reeds te veel belê in die trapmeul van staatmaak op myself, om dit nou te laat vaar. Dalk het ek reeds dele van my geloof vervolmaak. Ek wou nie al hierdie werk sommer net prysgee nie.



Soos die Heilige Gees meer van God se genade aan my openbaar het, het ek gelukkig geleidelik besef dat al my pogings om God se goedkeuring te wen, nie die moeite werd was nie. Ek het besef ek kan niks tot genade bydra nie. Al sou ek nooit weer sondig nie — en alles reg doen — sou ek God se vergifnis nooit verdien nie.



Efesiërs 2:10 het my egter finaal van die trapmeul afgestamp. Ek is met 'n spesifieke doel geskape! Uiteindelik het ek gekies om Jesus se vergifnis ten volle te aanvaar, sodat ek kon voortgaan met belangriker werk. Jy glo dalk in Jesus, maar het jy al ten volle aanvaar wat Hy vir jou gedoen het? Die Heilige Gees help my steeds om sy krag bo my volmaaktheid te kies. Hy lei my na uniek saamgestelde opdragte op my pad — dinge wat ek nooit van my trapmeul af sou raaksien nie.



Bid: Heilige Gees, sal U my help om vreugdelose volmaaktheid te laat vaar en eerder God se tere vergifnis en kragtige genade in my lewe te ervaar? Help my ook om dit aan ander te bewys.



Michael Martin, webontwikkelaar by YouVersion


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid