Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 8 VAN 12

Ek Kies Dissipline Bo Spyt



Volg my hierin. Dink daaroor waar jou fisieke, finansiële, gebeds- of gesinslewe is. Dink dan waar jy dit graag wil hê. Wat is tussen-in? Indien jy normaal is, is dit die berugte gaping. Dit is 'n soortgelyke gaping wat ontwikkel wanneer ons uiterlike nie dieselfde as ons innerlike is nie. Dis die gaping tussen kennis van die waarheid en om die verandering aan te bring. Dis die gaping tussen dissipline en spyt.



Toe my oudste dogter vier jaar oud was, was ek al ongeveer sewe jaar in beroepsbediening. Ek het daarvan weggedryf om 'n deel van my lewe te gee aan wat baie belangriker as selfs my werk as pastoor was: my kinders. Om drywend te wees is die teenoorgestelde van dissipline. Om niks te doen nie, sou wees om die spyt te kies deur net nog 'n "pastoor se kind" statistiek te skep.



Ek het nie elke oggend wakker geword met die gedagte dat ek 'n slegte pa wou wees nie. Tog het ek ook nie soggens wakker geword met die besluit om die gaping te vul nie. Ek neem toe 'n besluit. Ek het dissipline gekies. Ek het besluit om oor die volgende 18 jaar elke week iets saam met minstens een van my drie dogters te doen. Dit kon 'n afspraak, 'n notatjie, 'n woord van bemoediging wees, maar beslis iets wat 'n bietjie moeite verg. Hoekom? Want van uitstel kom afstel.



Dit word so mooi in Spreuke 25:28 gestel: "'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing [dissipline] het nie." Vandag het al drie my dogters vir Jesus en die kerk lief. Twee van my skoonseuns is ook in voltydse bediening. Ek is so dankbaar dat die Heilige Gees my geïnspireer en bemagtig het om dissipline bo spyt te kies.



Aksie:
1. Waar is daar gapings in jou lewe?
2. Na watter dissipline lei die Heilige Gees jou om meer toegewyd mee te wees, sodat jy verandering kan teweegbring?



Ronnie Brumley, kampuspastoor by Life.Church


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid