Leesplan inligting

Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 2 VAN 12

Ek Kies Doel Bo Gewildheid



Ek en my vrou is al nege jaar getroud. Sommige goed, maar meestal sleg. Meestal is dit my skuld. Ek het nie gekies om die lewe van 'n Christen te lei nie, wat nog te sê van 'n pastoor. Daar bevind ek myself toe, skaars ses maande na ek 'n volgeling van Christus geword het, met 'n onweerstaanbare behoefte om in die bediening te tree by 'n kerk. Op daardie stadium het my huwelik baie verbeter as gevolg van my geloof, maar ek het 'n geheim gehad — een wat ek gedink het my by my vrou, en dalk ook by die kerk, baie ongewild sou maak. Ek moes haar van buite-egtelike verhoudings vertel.



Daar was 'n worsteling in my denke. Wat sal mense van my dink? Hoe kan ek dan vir 'n kerk werk? Christene sal my haat. Sy sal my haat. In sy goedheid, het God my egter gehelp om in te sien dat my geheim die vyand se enigste ware wapen teen my was. Ek moet hierdie geheim doodmaak; die vyand ontwapen. Dus het ek my geheim met haar gedeel.



Ek kan nie sê dat dit maklik was nie — geensins. Ek hoef jou ook nie te vertel dat dit die moeite werd was nie. Ons het hierdie maand in groot geluk ons vyftiende huweliksherdenking gevier. Ek is ook nou al vier jaar lank deel van die Life.Church personeel, as 'n pastoor.



Dalk het jy 'n geheim. Dit hoef nie noodwendig oor sonde te gaan nie. Miskien het jy 'n geheime droom wat jy nie navolg nie, of dalk het iemand iets aan jou gedoen. Hier diep binne, is jy bang iemand sal daarvan uitvind. Ek was ook daar. Jy hoef nie met daardie vrees te lewe nie. God is groter as jou geheim. Hy kan jou help om die geheim te vernietig, die vyand te ontwapen en om daardie deel van jou aan sy doeleindes toe te wy.



Dalk is jy, soos ek was, bekommerd dat jy 'n skynbaar ongewilde keuse gaan maak. My pastoor, Craig Groeschel, sê altyd: "Om vir die goedkeuring van mense te lewe, sal jou verhoed om vir die doeleindes van God te lewe." Ek kan jou egter verseker, as jy kies om vir sy doel eerder as jou gewildheid te lewe, is jy in goeie hande. Hy weet wat Hy doen. God het my verhaal al gebruik om ontelbare paartjies te bedien wat deur ontrouheid worstel. Hy wil ook jou verhaal gebruik.



Bid: Heilige Gees, skenk my die dapperheid om die waarheid openbaar te maak. Help my om my lewe in God se doelgerigte hande toe te vertrou.



Jon Mays, mede-kampus pastoor by Life.Church


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boo...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid