Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 14 VAN 21

God Is Toornig (En Dit Is Goed)

Ons verkies om nie aan God se toorn te dink nie. "Toorn" stuur ons gedagtes na onbeheersde humeure en dreigende straf. Dit is nogal moeilik om daardie woord te vereenselwig met die hemelse Vader wat ons volkome liefhet.

Dit is juis omdat God ons liefhet dat Hy toornig word. In teenstelling met menslike toorn, is God se straf heilig, want dit is nooit as gevolg van 'n slegte humeur nie. God verloor nooit sy selfbeheersing nie. Sonde vernietig ons en bring verwydering tussen ons en God, daarom word Hy toornig teenoor sonde en boosheid. Ons wil nie 'n god hê wat sonde en boosheid goedkeur nie. Slegs 'n God wat ons liefhet en sonde so baie haat, sou doen wat ook al nodig was om ons daarvan te red (Efesiërs 2:1-4).

Elke mens is 'n vyand van God totdat ons deur die Heilige Gees verander word.

Die Bybel sê dat God geduldig is met ons, selfs wanneer ons Hom weerstaan, omdat dit sy wil is dat elkeen gered moet word (Romeine 9:22-23). Elke mens is 'n vyand van God totdat ons deur die Heilige Gees verander word (Romeine 8:7-8). Vanweë ons eiesinnigheid, haat ons Hom, maar God sê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer” (Johannes 14:15).

God het alles aan ons gegee en al wat Hy van ons vra, is dat ons Hom sal dien en liefhê. Soos God, behoort ons ook sonde en boosheid te haat. Ons haat dit egter nie en daarom verdien ons God se toorn. God het ons egter so lief dat Hy vir Jesus gestuur het om sy toorn namens ons te ontvang (Johannes 3:16). 

As ons nie God se toorn verdien nie, het Jesus verniet gesterwe. Indien ons egter Jesus se dood aanvaar as straf vir die sonde wat ons verdien het, kan ons verseker wees dat God se toorn nooit op ons sal neerkom nie.

Oordink die volgende:

  • Het jy al ooit daaraan gedink dat jy God se toorn verdien? Hoekom of hoekom nie?
  • Wat het jy oor God se toorn geleer wat jou meer in verwondering oor Hom laat?
  • Kan jy onthou of jy vir Jesus gevra het om God se toorn namens jou op Hom te neem en jou Verlosser te wees? Indien wel, wy 'n paar minute daaraan om Jesus te dank dat Hy jou gered het. Indien nie, kan jy vandag dié besluit neem. Jy kan nog meer hiervan leer.

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc