Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

God is Barmhartig
"Vandag is 'n goeie dag, om 'n goeie dag te hê" het onlangs 'n gewilde gesegde geword. Dit mag as 'n geykte uitdrukking voorkom. Geykte uitdrukkings bestaan egter juis omdat hulle so waar is.
God se ontferming "... is elke môre nuut ..." (Klaagliedere 3:23). Elke dag openbaar God sy barmhartigheid op 'n nuwe wyse aan ons soos ons nooit voorheen ervaar het nie.
Wanneer ons wakker word, moet ons 'n besluit neem. Ons kan God se barmhartigheid aangryp en kies om 'n goeie dag te hê. Anders kan ons met gister se sondes en worstelinge besig bly en kies om 'n slegte dag te hê.
God is barmhartig. God se barmhartige deernis is oneindig en onuitputlik. God het sy barmhartigheid bewys deur vir Jesus te stuur om die oordeel wat na regte ons s'n was, op Hom te neem. Volgens 2 Petrus 3:9 wag en werk God "... dat almal hulle moet bekeer" en onder sy geregtigheid lewe.
Ons word elke dag opnuut wakker en kan voor begin. Dit maak nie saak wat ons gister gedoen het nie, want God se genade is vandag tot ons beskikking. Ons ontvang 'n nuwe begin. Die vraag is wat jy daarmee gaan doen?
Oordink die volgende:
- Is daar 'n area in jou lewe waar dit voorkom asof God nie optree nie, maar wat eintlik sy barmhartigheid is?
- Hoe sou jou begrip dat God barmhartig is, jou siening verander van wie Hy is en hoe Hy in ons lewens werk?
Aangaande hierdie leesplan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.
More