Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 19 VAN 21

God Is Selfonderhoudend



Onthou jy toe jy die eerste keer agtergekom het dat jy self jou fiets trap? Die besef dat jou ma of pa die fiets gelos het en jy hulle nie meer nodig het nie, was bevrydend. Terwyl dit by jou insink dat jy in beheer is, word jy gevul met gevoelens van onafhanklikheid en selfvertroue. Jy kan nou fietsry net waarheen jy wil.



Ons kan dieselfde hoogtepunt in ons verhouding met ons hemelse Vader bereik. Wanneer alles goed gaan, gaan ons lustig op ons eie voort, asof ons Hom nie nodig het nie — totdat ons oor 'n spoedwal moet gaan of in 'n slaggat beland. Op daardie oomblik onthou ons ons broosheid en afhanklikheid van ons Pa. 



Daarteenoor, is God heeltemal selfonderhoudend. Alle dinge is Syne om te kan uitdeel. Alles wat ons het, kom van God af en op ons beurt het ons niks om Hom te bied wat ons nie reeds van Hom ontvang het nie. "Die aarde en alles wat daarop is... alles behoort aan die Here... want Hy het die fondamente daarvan gelê" (Psalm 24:1-2). Elke goeie gawe kom van Hom af. God het nie paleise en tempels nodig nie. Hy verkies om eerder in elkeen van ons te woon, ons met sy Gees, die Heilige Gees, te vul. God het aan ons die lewe en asem gegee, sodat ons Hom uit vrye wil sal soek. Wanneer ons dit doen, sal ons Hom vind, want Hy is naby ons. 



God het niks van ons nodig nie. Wat Hy begeer, is 'n verhouding met ons en die wete dat ons lewens vervuld is wanneer ons dit met Hom deel. 



Oordink:




  • Hoe voel dit om te weet dat God nie probeer om enigiets van jou af te kry nie?

  • Is daar enigiets wat jy doen omdat jy dink God wil hê jy moet dit doen? 

  • Wat, indien daar iets is, moet verander as gevolg van wat jy vandag gelees het?

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid