Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 1 VAN 21

God Is Heilig



God wil in werklikheid hê dat jy anders moet wees — en nie net in jou persoonlikheid, voorkeure en afkeure nie. Om egter te verstaan hoe elkeen geroepe is om anders te wees, moet ons eers kyk hoe God anders is.



God roep ons om anders te wees, afgesonder vir 'n hoër doel.



Een van God se name is Jehova-M'Kaddesh, wat beteken "die Here wat heilig maak" (Levitikus 20:7-8, Eksodus 31:13). Heiligmaking is 'n groot, kerklike woord wat daarop neerkom om afgesonder of eenkant te wees. Ons praat van heilig, geheilig en heiligmaking. Ons kan nie onsself heilig maak nie, dus het God dit vir ons gedoen deur Jesus se lewe, sterwe en opstanding. Hy roep ons om anders te wees, afgesonder vir 'n hoër doel. Net so het Hy die Israeliete geroep om anders as die wêreld om hulle te wees:



"Julle moet al my voorskrifte en bepalings gehoorsaam en dit uitvoer ... Julle mag nie die gebruike van die nasies wat ek voor julle gaan uitdryf, navolg nie ... Ek is die Here julle God, Ek het julle afgesonder van die ander volke" (Levitikus 20:22-25).



Levitikus was die wetboek wat die Israeliete moes nakom. Dit het aan God se mense gewys wie Hy is, wie Hy wou hê hulle moes wees en hoe Hy wou hê dat hulle sou lewe. Dit sou baie maklik vir die Israeliete gewees het om die gebruike en gelowe van die omliggende groepe aan te neem: heidense aanbidding, geweldadige wette, menslike offers en nog meer. God wou egter hê die Israeliete moes anders wees, nie in teenkanting teenoor daardie mense nie, maar as voorbeelde hoe om in 'n beter verhouding met ander en met Hom te lewe (Levitikus 22-24). Hy wou hê hulle moes anders wees.



Vandag wil Hy nog dieselfde vir ons hê. Om Jesus te volg is 'n teen-kulturele manier van lewe, wat buitestaanders na binne nooi om ook te behoort en ons herskep hoe nader ons aan Hom kom.



Oordink:




  • Wat sê God se begeerte om ons heilig te maak (of af te sonder vir 'n hoër doel) van wie Hy is en hoe Hy is?

  • Hoe verander die wete dat jy deur God afgesonder is, die manier waarop jy teenoor jouself of ander optree?

  • Waarvoor glo jy het God jou afgesonder om te doen of te bereik?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid