Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 18 VAN 21

God Is Alwetend



Onthou jy hoe jy as kind soms met iets probeer wegkom het? Ouma het altyd gou gesê: "Ek weet dalk nie, maar God weet." 



Jy het waarskynlik op 'n tydstip gewonder: "Weet Hy dan alles?" 



Dit is reg, Hy weet alles. God is alwetend. Hy beskik oor oneindige bewustheid, begrip en insig. 



Psalm 139:2 begin so: "Here U sien dwarsdeur my, U ken my." Die woord "ken" is "yada" in Hebreeus en beteken om te weet, waar te neem, te herken en te oorweeg. Dit kom meer as 900 kere in die Ou Testament voor. 

 



Psalm 139 herinner ons dat voor ons praat, God reeds weet wat ons gaan sê (Psalm 139:4). God het ons reeds voor ons geboorte geken (Psalm 139:13, Jeremia 1:5). Hy ken ons harte en weet waaroor ons besorg is (Psalm 139:23; Jeremia 12:3). Hy weet alles. 
God weet van elke sondige gedagte en daad wat ek al ooit gehad het of sal hê. Alhoewel dit nogal skrikwekkend voorkom, is dit eintlik ook bevrydend. God weet alles wat jy al gedoen het en tog het Hy jou nog steeds lief. Hy net nogtans sy Seun as offer vir jou gestuur. 



Ons kan nooit van God se aandag af wegkom nie, hoe moet ons dus reageer? Moet ons bang wees? Moet ons tou opgee? 



Nee! Net soos Dawid, moet ons God vra om ons te ondersoek, ons harte te deurgrond, te kyk of ons nie op die verkeerde pad is nie en ons op die beproefde pad te lei (Psalm 139:23-24). Ons reageer met lofprysing en dankbaarheid, met die wete dat God, wat alles van ons weet, ons deur die lewe lei.

 



Oordink:




  • Hoe voel jy daaroor dat God elke besonderheid van jou lewe ken en jou nogtans liefhet?

  • Wanneer laas het jy God gevra om jou hart te ondersoek? Gebruik nou 'n paar minute om dit vandag te doen. 

  • Wat kan jy doen op grond van wat jy vandag van God gehoor of gelees het?

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid