Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 12 VAN 21

God Is Oneindig

Stel jouself voor jy staan op 'n spierwit strand, enkeldiep in kristalhelder seewater, met 'n teelepel in die hand. Vul nou die teelepel met die water en kyk na hierdie beperkte hoeveelheid water. Dan kyk jy na die oneindige omvang van die oseaan. Die verskil tussen die water in die teelepel en die water in die oseaan is waarskynlik die beste vergelyking wat ons kan tref om te probeer begryp wie ons is, teenoor wie God is; wat ons weet, teenoor wat God weet; wat ons kan doen, teenoor wat Hy kan doen.

God se begrip is oneindig. Niks het God nog ooit verras of Hom bygeval nie. Voordat ons 'n probleem het, bestaan die oplossing alreeds. God weet van alles in die verlede, hede en toekoms. Die omvang van sy krag en bronne kan nie gemeet word nie — net so ook nie die omvang van sy liefde nie. Hierdie liefde is aan ons geopenbaar deur Jesus se sterwe en opstanding.

Paulus prys God vir wie Hy is en wat Hy doen. Johannes sê in verwondering: "Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God ..." (1 Johannes 3:1).

Die God wat niks nodig het nie, wil ons hê.

Die God wat niks nodig het nie, wil ons hê. Dit is net billik dat ons Hom ook prys.

Al is die oseane ontsaglik uitgestrek, het hulle tog grense. God word nie bepaal of beperk deur grense nie. Wanneer ons deur Jesus aan Hom verbind is, is daar eweneens geen perke aan wat in ons lewens moontlik is nie.

Oordink die volgende:

  • Watter verandering sal dit in jou geestelike lewe teweegbring as jy ophou om God te probeer deurgrond en eerder voor Hom in verwondering staan?
  • In watter opsig sal dit jou ingesteldheid beïnvloed? Jou gebede? Jou dade?

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc