Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 10 VAN 21

God Is Ontsagwekkend

Het jy al ooit by 'n verkeerskonstabel verbygery wat teen die sypaadjie geparkeer was, dadelik gekyk of jy binne die spoedgrens is en ook seker gemaak dat jy nie iets ooglopends verkeerd doen nie? Selfs die mees wetsgehoorsame landsburger voel waarskynlik so. Ons kan daarna as 'n gesonde vrees en respek vir wetstoepassing verwys. Soms hoef ons net 'n polisievoertuig te sien om daardie reaksie te kry. Dit weerspieël die mate van respek wat ons vir die rol van ‘n polisiebeampte het asook vir dít wat hy verteenwoordig. Dit is, in 'n mindere mate, soortgelyk aan die hart en ingesteldheid wat ons teenoor God moet hê.

In die Bybel lees ons daarvan om verwonderd te wees en Hom te vrees. Dit gebeur nie as gevolg van dit wat Hy vir ons gedoen het nie, maar eerder oor wie Hy is. Hy is die Lewende God (Elohim).

Die eerste Naam wat in die Bybel gebruik word om na God te verwys, is Elohim en word letterlik as "God" vertaal. Sommige geleerdes glo Elohim is van "'êl" afgelei, wat op sy beurt vanuit die stamwoord "'wl" (wat "sterk" beteken), ontstaan het. Andere is van mening dat Elohim van twee ander stamwoorde afgelei is, synde 'n samestelling van "'lh" (wat "god" beteken) en "'elôah" (wat "vrees" beteken).

Wat vertel Elohim ons van God? Hy is bomenslik, magtig en sterk. Hy is nie 'n mens nie. Alhoewel ons God probeer verstaan deur in menslike terme aan Hom te dink, herinner sy algemeenste Naam ons dat Hy nie soos ons is nie. God het al voor die aarde bestaan. Hy het ons geskape en ook alles wat ons in hierdie wêreld ken en van weet. Die bewuswording van ons posisie as sy maaksels, behoort 'n gesonde vrees en eerbied in ons te wek.

Oordink die volgende:

  • Was jy al ooit in verwondering oor wie God is? Wanneer?
  • Kom jou respek vir God na vore in die manier waarop jy met of van Hom praat? Hoekom of hoekom nie?
  • Op watter een manier beïnvloed jou kennis van God as Elohim die manier hoe jy Hom benader?

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc