Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 9 VAN 21

God Is Ons Heer

Baie ouers gee deesdae populêre name aan hul kinders, of name wat net mooi klink, sonder veel méér betekenis as net 'n familielid of vriend se goedkeurende knik. In Bybelse tye was 'n naam baie belangrik. 'n Groot deel van 'n persoon se karakter, kundigheid en lewensuitkyk, is dikwels deur sy of haar naam beïnvloed.

God self het verskeie Name gehad wat sy belangrikste eienskappe aan sy mense openbaar het. In Ou-Testamentiese tye het God se mense die krag, belangrikheid en trefkrag van God se Name verstaan.

In 2 Samuel 7:18-23 (AFR53) verwys koning Dawid na God as "... Here HERE ..." ("Adonai" in Hebreeus), wat Meester en Here beteken. Dawid, wat 'n gerespekteerde en magtige koning was, het hiermee erken dat sy grootheid onder mense niks in vergelyking met die grootheid van God was nie. Deur God as Here HERE (Adonai) aan te spreek, gee hy aan God se opperheerskappy erkenning. Dit is net God wat alle gesag en mag besit. Hy is in staat om enigiets te doen en is altyd reg.

God het hierdie kant van Homself aan Israel gewys om sodoende vir sy mense die weg uit gevangenisskap te baan en om hulle in 'n nuwe land te vestig (2 Samuel 7:23). Net soos God groot en ontsagwekkende wonders vir Israel gedoen het, doen Hy dit ook vir ons.

God het 'n weg vir ons gebaan om in 'n verhouding met Hom te wees deur sy Seun, Jesus, te stuur om vir ons sondes te betaal. Wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar, gee ons ook aan God erkenning as "Adonai", ons Meester en Here (Matteus 10:32).

Wanneer ons in 'n verhouding met God tree, word ons ook, net soos Israel, "... gevestig as 'n volk wat vir altyd aan U [God] behoort ..." (2 Samuel 7:24). Hierdie erkenning het vir Dawid verander en verander ons ook. Dawid het homself as 'n dienaar beskou wie se werk dit was om aan God eer te bring. Wanneer ons God as Adonai ken, verskuif ons fokus — net soos Dawid s'n — weg van eiebelang na diensbaarheid vir God en andere.

Oordink die volgende:

  • Wat sê dit vir ons van God se mag dat 'n koning van Dawid se aansien, homself as dienaar van God ag?
  • Hoe verander jou begrip van God se karakter, deur Hom as "Adonai" te sien?
  • Sou jy jouself as 'n dienaar van God beskou? Hoekom of hoekom nie?

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc