Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

God Is Regverdig
In ons lewens is daar geen tekort aan seerkry, mislukkings en geringagting nie. Die vraag waaroor ons egter moet nadink, is op wie ons moet vertrou om ons uit ons nood te red? Na wie moet ons ons wend en op wie kan ons steun wanneer ons onseker is oor die rigting waarin die lewe ons stuur? Op wie kan ons staatmaak om reg te laat geskied wanneer ons so 'n dringende behoefte het om dit self te doen?
In Psalm 75 word God as die finale regter beskryf — regverdig, heilig, redelik en billik in alle dinge. Net God is in staat om alle verkeerde dinge weer reg te stel, die enigste Een op wie ons kan vertrou om altyd die regte ding te doen.
God is kragtig, magtig en tot alles in staat. Hy oefen egter nie sy mag sonder omsigtigheid uit nie. Eendag sal sy Seun, Jesus, na die aarde terugkeer om te oordeel en Christene na sy hemelse tuiste te neem, waar ons vir ewig by Hom sal woon.
Ons kan God in die goeie en slegte tye prys, gedurende suksesse en teleurstellings, omdat ons weet Hy sal alles regstel. "'Ek sal die mag van die goddeloses verpletter,' sê God, 'maar die regverdige sal Ek hoog verhef'" (Psalm 75:11).
Ons moet op die genade staatmaak van die enigste Een wat alles wat verkeerd geloop het, weer kan regstel.
Ons reaksie op verraad en seerkry behoort te wees om ons toevlug na die Here te neem, die enigste Een wat in staat is om ons vrese te kalmeer, gemoedsrus kan bied en aan ons hoop op verlossing belowe. Wanneer die lewe moeilik raak, moet ons op die genade vertrou van die enigste Een wat die vermoë het om alles wat verkeerd geloop het, weer te herstel.
Oordink die volgende:
- Verander die manier waarop jy seerkry en verraad hanteer, wanneer jy God as regverdig en heilig beskou?
- Hoe kan jy voortaan optree, wetende dat God alle verkeerde dinge sal regmaak?
- Hoe verander die wete dat God redelik en regverdig is, die manier hoe jy teenoor ander mense optree?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.
More