Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 7 VAN 21

God is God die Almagtige

Kinders huiwer nooit om hul ouers te vra vir die dinge wat hulle nodig het of graag wil hê nie. God wil hê dat ons nét so na Hom toe sal kom. In Genesis 17:1-8 noem God Homself "El Shaddai", wat "God die Almagtige" vir Abraham beteken het. 

"El" is nog 'n naam wat as "God" vertaal word en met ander woorde saamgevoeg kan word om verskeie kenmerke van God se karakter uit te beeld. Baie mense glo dat 'n woord soos "Shaddai" afgelei is van die Hebreeuse woord "shad" wat "bors" beteken. Dit verwys na God wat sy mense ten volle voed, versadig en in al hulle behoeftes voorsien, soos 'n ma met haar kind sal doen. Wanneer dit dus saamgevoeg word met die benaming "El" vir "God", verwys dit na God wat ons vrylik voed en seën omdat Hy ons Onderhouer is.

Hy is 'n liefdevolle God wat vir sy mense wil sorg en voorsien. Ons moet ook verstaan dat ons gebede nie 'n las vir God is nie. Op dieselfde wyse wat 'n ouer bly is wanneer 'n kind kom hulp vra, wil God ook na ons gebede luister. Hy wil ons laste ligter maak.

Matteus 11:28 sê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee."

Wanneer ons begin verstaan dat God ons Onderhouer is, sal ons na 'n daaglikse verhouding met Hom streef. Ons sal verstaan dat ons nie alleen deur ons probleme gaan nie. Elke dag gaan ons hemelse Vader voor ons uit. 'n Versie uit Hillsong se lied "At the Cross" (By die Kruis, hieronder uit Engels vertaal), stel dit so:

"U gaan voor my uit.
U beskerm my weë.
U hand ondersteun my.
En ek weet U het my lief."

Oordink die volgende:

  • Hoe vergelyk jou siening van God met die beskrywing van "El Shaddai"?
  • Op watter manier het jy God nou as jou Onderhouer nodig?
  • Hoe kan jou begrip, dat God jou Onderhouer is, jouself en andere bemoedig?

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc