Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 6 VAN 21

God Is Ons Banier

Soms word ons deur God se beloftes in 'n geveg betrek. Ons moet veg om ons fokus op Hom gerig te hou; veg om nader aan die belofte te beweeg wat ons weet God in ons harte geplaas het. Ons het 'n werklike vyand wat baie daarvan sal hou om ons aandag af te lei en ons aan God se beloftes te laat twyfel. Ons veg egter vasberade voort in die vertroue dat God sal doen wat Hy gesê het, en ons hou aan veg totdat ons sien hoe daardie belofte 'n werklikheid word.

In Eksodus 17:8-15 is die volk Israel van die groot onderdrukking in Egipte bevry en op reis na die land wat God aan hulle beloof het. Nietemin moes Israel weer veg. 
 

Terwyl die Israeliete in die vallei geveg het, was Moses op die heuwelkruin waar hy, met sy hande omhoog, vir hierdie groot vegters gebid het. Israel het hard geveg en met die gebede van Moses, en die ondersteuning van Aäron en Hur, is die Amalekiete verslaan. Moses het geweet dit was slegs deur die Here se beskermende hand en seën oor die Israeliete dat hulle die geveg kon wen. "En Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: 'Die Here is my banier'" (Eksodus 17:15 AFR53).

Gedurende 'n veldslag het opponerende volke hul eie vlag op 'n paal by hul onderskeie voorste linies gehang. Daardeur het hulle soldate 'n fokuspunt gehad wat aan hulle hoop gegee het. Dit is presies wat God vir ons is: 'n banier van bemoediging om aan ons 'n fokuspunt en hoop te gee.

Die Here beskerm ons, bedek ons met sy liefde en seën ons aanhoudend.

Die Here is ons banier. Hy beskerm ons, bedek ons met sy liefde en seën ons aanhoudend. Die Here gee vir ons hoop en 'n fokuspunt gedurende die moeilike gevegte, wanneer die vyand probeer om ons aan God se beloftes te laat twyfel. 

Wanneer het jy laas vir Jesus dankie gesê vir al die maniere waarop Hy 'n banier in jou lewe is? 

Oordink die volgende:

  • Op watter manier was die Here al 'n banier vir jou?
  • Hoe kan jy vandag meer op die Here fokus en op alles wat Hy deur die dag vir jou doen?

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc