Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

God Is Ons Voorsiener
Het jy al ooit by die eetkamertafel gesit en wonder watter rekening jy laat kan betaal sodat die krag nie afgeskakel sal word nie? Of het jy al in jou motor by die vulstasie gesit en eers jou bankrekening nagegaan sodat jy kon sien hoeveel brandstof jy in jou motor kan gooi? Dit is deel van die verloop van die lewe en soms gebeur dinge baie vinnig. Daar is egter een ding wat ons in gedagte moet hou — God voorsien altyd.
Die saak staan egter so: God sal nie altyd voorsien op die wyse wat ons in gedagte het nie. Jy verwag moontlik van iemand om vir jou geld te gee, maar in plaas daarvan ontdek jy 'n fout met jou vorige betaling en is jou rekening vooruitbetaal. Jy probeer moontlik bereken hoe ver jy met jou motor se brandstof kan ry, wanneer jy besef dat jy hierdie week nie veel take het om af te handel nie. God is in staat om ons te help, en só voorsien Hy in ons behoeftes.
Abraham het geweet hoe om te vertrou dat God sal voorsien. Abraham het wel in gehoorsaamheid sy seun, Isak, na die berg geneem om te offer, maar het op God vertrou om 'n plaasvervanger te voorsien.
In Genesis 22:9-19 maak Abraham gereed om sy enigste seun te offer, toe 'n engel hom roep en aansê om dit nie te doen nie. Abraham kon 'n ram wat in die bosse vasgevang was gebruik, in plaas daarvan om sy seun te offer. Abraham het gedink dat daar geen ander uitweg was nie, maar God het voorsien.
Jehova-Jireh beteken "Die Here voorsien" (Genesis 22:14). God het seker gemaak dat Abraham nie sy seun hoef te offer nie.
Ons moet almal daagliks keuses uitoefen. Die keuse om 'n betaling te maak en God te vertrou om finansieel te voorsien. Die keuse om gaaf te wees en te vertrou dat die Woord van God waar is. Die keuse om goeie besluite vir ons lewens te neem en te vertrou dat God ons goeie dade sal raaksien. Wanneer ons God finansieel, emosioneel en geestelik vertrou, sal Hy altyd voorsien, want dit is hoe Hy is. God is die Een wat in ons behoeftes voorsien.
Oordink die volgende:
- Is daar enigiets wat jy in die verlede nodig gehad het wat jy ontvang het, en dan gewonder het hoe dit gebeur het?
- Wanneer was jy in staat om iemand te help deur iets te voorsien? Hoe het dit gevoel?
- Waarvoor het jy nou God se voorsiening nodig? Vra Hom daarvoor.
Aangaande hierdie leesplan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.
More