Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 5 VAN 21

God Is Ons Geneesheer



Die Bybel beskryf God meer as 60 keer as Jehova-Rophe (of Johova-Rapha). Jehova beteken "God" en Rophe of Rapha wat beteken "om te herstel," "om gesond te maak," of "genesing."



In Eksodus 15:26, belowe God aan Moses en die Israeliete: "Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou."



Om te genees, is 'n onafskeidbare deel van God se karakter. God gee om oor elke faset van jou gesondheid — jou fisiese en verstandelike gesondheid, jou emosionele welstand, asook jou geestelike dryfkrag (Psalm 103:2-3). Wanneer ons begryp dat God Jehova-Rophe, die Groot Geneesheer is, besef ons dat geen genesing sonder Hom kan plaasvind nie. Slegs Hy kan aan ons blywende genesing van gebrokenheid gee.



Ons wil dikwels die genesing hê, sonder om die probleem te hanteer. God moet egter die bron van ons pyn hanteer — die verwerping, die seerkry of dalk die verraad — om ons te genees. 



Ons Geneesheer het nog nie en sal nooit verander nie (Maleagi 3:6). Jesus doen nog steeds wonderwerke. God doen dit deur moderne medisyne, net soos hy die antieke Israelitiese wette ingestel het om hulle van siektes te beskerm.



Die evangelie is die fisiese, morele en geestelike geneesmiddel vir alle mense. Dit is omdat ons in Christus die ewige lewe het, die leiding van die Heilige Gees en die verbintenis met God. (Jesaja 53:5).



Oordink:




  • Wanneer jy aan jou totale gesondheid dink, wat kan jy vandag aan God gee om te genees?

  • Waarvoor is jy vandag in verband met jou gesondheid, teenoor God dankbaar?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid