Ek weet ditVoorbeeld

This I Know

DAG 28 VAN 28

Gevolgtrekking  

Gedurende die afgelope 28 dae het ons ondersoek wat die Bybel sê oor die lewe se vier belangrikste onderwerpe: die waarheid, die liefde, geloof en die lewe. 

  1. Jesus is die waarheid, en as 'n persoon van die waarheid, verander Jesus ons lewens.  
  2. Jesus is liefde, en ons word geroep om mekaar lief te hê soos Hy ons lief het.  
  3. Om geloof in Jesus te hê verander alles. 
  4. Ons lewe is ewigdurend wanneer ons glo in die Verlosser, Jesus Christus.  

Dit maak nie saak wat die lewe in jou rigting laat kom, of waardeur jy gaan nie, onthou altyd wat jy weet oor die waarheid, die liefde, geloof en die lewe. Jesus is die waarheid en liefde, en ons geloof in Hom gee vir ons die ewige lewe. EK WEET DIT! 

Aangaande hierdie leesplan

This I Know

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/