Ek weet ditVoorbeeld

Ek weet dit: Die Waarheid
Wat Is Die Waarheid?
Waarneming (Hierdie is 'n geleentheid vir nadenke.)
- Baie mense het 'n natuurlike smagting na die waarheid. Ons is die heeltyd op soek daarna. Ons wil weet wat is waar! Die waarheid is nie iets nie. Die waarheid begin met 'n Persoon. Jesus is die waarheid! Waar begin ek dan op my soektog na die waarheid? Ek moet by JESUS begin, want Hy is die waarheid.
Oordenking (Hierdie is jou kans om dit op jou lewe toe te pas.)
- Ons weet dat elke bladsy in die Woord van God die waarheid is, somtyds lees ons egter vlugtig deur die Bybel asof ons besig is met die laaste hersiening voor 'n toets, maar dit is nie 'n toets nie. Dis 'n geleentheid om die Woord van God te laat insink. Vra God om jou te help om enigiets wat jou aandag kan aftrek te verwyder, sodat jy rustig kan word en die waarheid van sy Woord kan inneem. Herhaling: Die is nie 'n toets nie!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”
More
Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/