Ek weet ditVoorbeeld

This I Know

DAG 27 VAN 28

Ek weet dit: Die Lewe  

Die Ewige Lewe

Waarneming  

  • In 1 Johannes 1 word na Jesus verwys as die Woord wat die lewe is. Jesus is nie net tydelik nie. Jesus is die ewige lewe. Dis wonderlik om te weet wanneer jy jou lewe vir Jesus gee, dit nie net hierdie lewe op aarde is wat jy kry as 'n geskenk nie, maar ook die ewige lewe saam met God. Die wonderlike ding van die ewige lewe  is: Al die sukkel, seer en dood wat ons in hierdie lewe sien, gaan uiteindelik ophou, maar die hoop, geluk en liefde gegrond op God hou vir ewig aan.  

Oordenking  

  • Trek twee kolomme om 'n lysie te maak. Noem die een kolom tydelik en die ander kolom ewig. Skryf in die tydelike kolom alles wat jou bekommer, angstig maak of frustreer. In die ewige kolom skryf al die maniere neer hoe jy hoop kan hê of geluk in Jesus kan vind. Vra God in gebed om jou te help om jou lewe gefokus op die ewige lys te leef, nie op die tydelike lys nie.  

Aangaande hierdie leesplan

This I Know

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/