Ek weet ditVoorbeeld

This I Know

DAG 22 VAN 28

Ek weet dit: Die Lewe  

Waar Het Die Lewe Begin? 

Waarneming (Hierdie is 'n geleentheid vir nadenking) 

  • As jy nou besig is om hierdie te lees beteken dit dat jy die lewe het. Geluk! Nou wat dan volgende? Die Woord van God vertel vir ons die doel van die lewe; kom ons kyk waar dit alles begin het. In Genesis sien ons dat God die mense as sy beeld geskep het. Wat beteken dit om as God se beeld geskep te wees? Ons is as God se beeld geskep om God se heerlikheid in die wêreld uit te beeld. 

Oordenking (Hierdie is 'n geleentheid om toe te pas.)

  • Bid en vra dat God jou sal help om jou lewe te gebruik om Hom te verheerlik. 

Aangaande hierdie leesplan

This I Know

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/