Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 10 VAN 18

Om In God Se Teenwoordigheid Te Sit



Terwyl ons vandag op ons finale les fokus, wil ons graag soveel as moontlik van die begrippe wat in vorige oordenkings behandel is, saamvoeg sodat ons 'n tyd kan afsonder waar ons stapsgewys van God kan hoor. Hierdie proses word meditasie genoem, of soos ek dit noem: om voor die Here te sit.



Daar is 5 basiese stappe in hierdie proses:



1. Om Tyd Te Maak — Meditasie vereis 'n bepaalde afgesonderde tyd. Ek raai jou aan om hieroor te dink as 'n tydsduur. Die spesifieke tydsduur sal bepaal word deur jou doel en ingesteldheid wanneer jy voor die Here kom. Jou doel moet wees om met toegewyde denke na die Here te luister; jou gedagtes moenie geslote, beneweld of in 'n warboel wees nie.



2. Om Voor Die Here Stil Te Raak — Vestig jou gedagtes op die Here. Ware stilte voor die Vader, behels 'n ontspanne gevoel en algehele gemak in sy teenwoordigheid. 



3. Om God Se Goedheid Te Onthou — Terwyl jy voor die Here stil word, dink na oor die goedheid van God. Oordink jou verlede en onthou al die tye toe Hy jou beskerm het, voorsien het, geseën het en vir jou gesorg het. Dink na oor die Here self: sy grootheid, genade en goedheid. Onthou al die beloftes in sy Woord aan almal wat in Hom glo en op Hom vertrou.



4. Om 'n Versoek Te Rig — Hoeveel meer betekenisvol is dit nie as ons 'n versoek aan die Here rig nadat ons met toegewyde denke en hart in sy teenwoordigheid gekom het nie. Nadat al die hindernisse van sonde en verkeerde begrippe verwyder is wat ons daarvan kan weerhou om Hom duidelik te hoor. Maak jou versoek so eenvoudig as moontlik bekend en vra spesifiek wat jy wil hê Hy vir, in en deur jou, moet doen.



5. Om Ons Wil Aan God s'n Te Onderwerp Antwoord — Terwyl jy jou versoek rig, wees bewus van enige trots in jou hart en vra God om dit weg te neem. Wees bewus van enige twyfel of ongeloof in God se vermoë of begeerte om die versoek te beantwoord. Wees bedag op antwoorde van God wat jy dalk wil verwerp voor Hy nog met jou gepraat het. Vra Hom om jou met jou geloof te help. Bid dat Hy jou 'n helder verstand, sonder benewelde en onnodige gedagtes sal gee. Sit dan voor Hom en wag vir sy antwoord.



Wanneer ons voor die Here sit en nadink oor die waarheid wat Hy aan ons geopenbaar het, sien ons dinge vanuit 'n ander perspektief. Die dinge wat voorheen ons denke gevul het, val weg. Nuwe gedagtes kom by ons op. Ons voel sterker en beter toegerus om die lewe in die gesig te staar. Psalm 36:10 stel dit so: "In u lig sien ons die lig." (NLV) Daar is iets besonders daaraan as God sy lig op iets laat skyn en ons die waarheid helder kan raaksien. 



Die apostel Paulus het gebid dat God die gemeente in Efese "wysheid gee en Hom so aan julle ... openbaar dat julle Hom werklik kan ken." (Efesiërs 1:17) Hy het gebid dat hulle geestesoë sou verhelder, sodat hulle kon weet wat die hoop van sy roeping vir hulle inhou en watter rykdom daar in die heerlike erfenis is wat Hy vir die gelowiges bestem het; en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in dié wat glo. (Efesiërs 1:18) 



Wat 'n wonderlike ervaring is dit nie! Niks sal vir ons onmoontlik lyk as ons die Here in gebed soek, op Hom wag en aandagtig luister wanneer Hy met ons praat. As ons dit doen, sal ons na die tyd hernude hoop hê en 'n gewaarwording van alles wat Hy vir ons het. Ons sal ook die versekering hê Hy kan en wil met krag optree om alles te laat gebeur wat Hy gesê het. 



Om meer te leer oor hoe jy 'n dieper verhouding met God deur gebed kan beleef, en aktief na sy stem kan luister, klik hier.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid