Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 39 VAN 40

Die gedeelte wat ons vandag lees, se opskrif is: "Jesus se opdrag aan die dissipels". Dis 'n gepaste opskrif, maar ek weet nie of dit die opdrag van Jesus aan sy dissipels ten volle verwoord nie.

Ons dink dikwels dat die gedeelte 'n opdrag is om die goeie nuus, wat deel van ons daaglikse lewe is, te verkondig. Dis miskien waar, maar dis ook 'n opdrag om te dien en van onsself vir ander te gee. Dis 'n natuurlike uitvloeisel van ons lewe in Christus.

Die "Desiring God" webblad stel dit so: "Wanneer ons lewe in Hom gesond en lewendig is, begeer ons nie net dat ons diep in Hom geanker word nie, maar ook om ons takke te sprei en sy goedheid met ander te deel."

Die skrywer verwys ook na "dissipels maak" as meer as net om die waarheid te verkondig. "Dis ook werd om gedeel te word, soos Paulus aan die Tessalonisense skryf: "So geheg is ons aan julle dat ons nie net die evangelie van God aan julle gegee het nie, maar ook ons lewe vir julle sou wou gee" (1 Tessalonisense 2:8)."

Ek persoonlik hou meer van die uitgebreide weergawe. Dis nie 'n verskoning om op te hou om die evangelie te deel nie. Dis 'n uitvloeisel van hoekom ons dit doen en hoe ons dit deel.

Oordink

Wie lê God op jou hart om die evangelie mee te deel? Gee ek myself aan ander en laat ek die evangelie toe om 'n uitvloeisel van my lewe in Christus te wees?

Gebed

Here God, dankie vir u genade teenoor alle sondaars. Veral 'n sondaar soos ek. Dankie dat ek die goeie nuus kan deel as gevolg van die oorvloedige vreugde en vrede wat U in my lewe uitgestort het. Ek is geseënd sodat ek 'n seën vir ander kan wees. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com