Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 18 VAN 30

Die besef dat my krag altyd 'n hindernis vir God se lewegewende voorsiening is, is 'n groot openbaring. Die genie is geneig om op sy eie insigte staat te maak eerder as op God. Die mens wat geld het, is geneig om sy vertroue op sy geld te plaas eerder as om op God staat te maak. So baie van ons is geneig om op ons besittings te vertrou in plaas van totale vertroue op God.



Al hierdie bronne van krag is eintlik bronne van dubbele swakheid. Maar wanneer ons besef ons ware lewe "is met Christus in God verborge," dat ons "volledig in Hom is," in wie "alle volheid van die Godheid liggaamlik woon," dan word sy krag luisterryk in ons sterflike vlees geopenbaar. Mag God gee dat sy Gees ons almal neem na 'n plek waar ons die geheim kan leer en geniet dat sy krag in ons swakheid volmaak word.



Oordenkingsvrae: Hoe belemmer my krag vir God? Hoe verhinder my hulpbronne vir God? Watter geheim word van my weerhou omdat ek weier om op God te vertrou?



Aanhalings uit: "God's Workmanship", © Discovery House Uitgewers
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid