Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 19 VAN 30

Meet jou diepste blydskap in God se waarheid en vreugde deur die klein dingetjies wat vir jou duidelik is. Daar is heelwat areas van God se karakter wat nog nie aan ons onthul is nie, en ons moet geduldig wees totdat God die dinge wat nog duister lyk, kan openbaar. Die gevaar bestaan dat ons, met die klein bietjie van die waarheid wat ons wel begryp, onsself sal verhef sodat ons ander oordeel. Die gevaar lê daarin om ons opvatting van God, soos gesmelte lood in ons spesiaal ontwerpte vorms te gooi, en dit dan, wanneer dit koud en hard is, teen die hoofde van die godsdienstige mense te slinger as hulle nie met ons saamstem nie.



Die besef om deur genade uitgekies en weergebore te word, en om daardeur volmaak toegerus te wees om God te verheerlik, is die mees vreugdevolle besef.



Oordenkingsvrae: Wat is vir my duidelik van God? Is dit genoeg om my vreugdevol te maak sonder om my veroordelend te maak? As alles wat ek van God weet al is wat daar is om van God te weet, watter rede sou ek vir blydskap hê?



Aanhalings uit "Notes on Isaiah" en "Notes on Ezekiel", © Discovery House Uitgewers
Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid