Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Bybeldagboek
Ons Here praat oor die vreugde om verlore dinge te vind. Vir my is daar altyd hierdie oproep: Die Here wil deur my oë kyk. Die Here wil deur my brein dink. Die Here wil deur my hande werk. Die Here wil vir een doel in my liggaam leef en wandel - om vanuit Sy oogpunt die verlorenes te soek. Laat ek Hom toe om in my te wandel en woon?



Geestelike werklikhede kan altyd nageboots word. "Rus in die Here" kan in vrome "roes" van gevoelens verander word. Waarop sal al ons praatjies oor heiligmaking uitloop? Dit behoort tot rus in God uit te loop, wat 'n eenheid met Hom beteken soos Jesus gehad het - nie net onberispelik in God se oë nie, maar 'n diepe vreugde vir Hom.



Oordenkingsvrae: Geniet ek dit om mense te soek wat verlore is? Is ek 'n gretige deelnemer aan God se plan om die verlorenes te soek en te red? Hoe kan ek dalk skuldig wees aan die skep van 'n valse geestelikheid? Bevorder ek enige ander soort rus as om een met Jesus te wees en om onberispelik voor God te wees?



Aanhalings uit: "Workmen of God and The Place of Help", © Discovery House Uitgewers