Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Bybeldagboek
Dank God, die vreugde van die Here is 'n werklike ervaring, en dit strek verder as enige bewustelike ervaring, want die vreugde van die Here neem ons tot in God se bewustheid, en die eer op die spel in ons liggaam is die eer van God. Het ons al besef dat die Seun van God in ons gekom het deur Sy wonderlike Verlossing? Dit is die heerlikheid van die heilige hier en nou—die glorie van ware heiligheid wat in die werklike lewe openbaar is.



God, die Almagtige het 'n baba geword, die mees weerlose wese in Sy skepping. Die volwasse heilige is net soos 'n klein kindjie, absoluut onskuldig en met vreugde gevul. Gaan voort om die lewe te lei wat God sou wou hê dat jy moet lei en jy sal jonger word in plaas van ouer. Daar is 'n merkwaardige verjonging wat plaasvind wanneer jy God in jou lewe laat begaan. As jy baie oud voel, dan moet jy wedergebore word.



Oordenkingsvrae: Leer ek gewoontes aan wat tred hou met Christus se heiligheid? Op watter maniere word God in my gevorm? Is ek bereid om swak te word sodat ek kinderlike vreugde kan herwin?



Aanhalings uit: "The Psychology of Redemption", © Discovery House Uitgewers