Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 20 VAN 30

Die geluk by die ongeluk! Dit is hoe Paulus na sy gevangenskap kyk. Hy wil nie hê dat hulle namens hom bedruk moet wees nie, of dink dat God se doel nie bereik is nie; hy sê dat dit nie verhinder is nie, wel bevorder is. Juis die dinge wat so rampspoedig gelyk het, blyk die gunstigste te wees, sodat sy hart onder hierdie omstandighede van vreugde opspring, en 'n klank van blydskap verrys.



'n Gees van gehoorsaamheid gee meer vreugde aan God as enigiets anders op aarde. Wanneer die liefde van God in my hart uitgestort word (Romeine 5: 5), neem die karakter van God my in besit, en deur my gehoorsaamheid weet ek dat ek Hom liefhet. Die beste maatstaf van 'n geestelike lewe is nie in die omvang van verrukking nie, maar in gehoorsaamheid.



Oordenkingsvrae: Watter rampe het in geleenthede verander? Watter vreugde sou ek misgeloop het as ek nie deur teëspoed met God gewandel het nie?



Aanhalings uit: "Conformed to His Image" en "Not Knowing Where", © Discovery House Uitgewers
Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid