Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 22 VAN 30

As jou omstandighede tans moeilik is, onthou dan die tye toe hulle nie so moeilik was nie, en jy sal verbaas wees oor die regstellende krag in die menslike hart om van een ding na die ander te draai. Hoeveel ellende kan 'n menslike hart weerstaan, en hoeveel vreugde! As ons die krag verloor om van die een na die ander te draai, word die balans ontwrig. God se Gees herstel ons en hou die balans reg.



Om die evangelie van "blink kant bo" te verkondig wanneer 'n mens nie vrolik kan voel nie, om iemand te vertel om na die voordele van dinge te kyk wanneer daar nie 'n positiewe kant is nie, is so belaglik soos om 'n jellievis te vra om na een van Händel se Oratoriums te luister. Dit is net so nutteloos om 'n mens wat van sonde oortuig is, te vertel om moedig te bly. Wat hy nodig het is die genade van God om hom te verander in 'n fontein van vreugde.



Oordenkingsvrae: Is ek tevrede met vrolikheid in plaas van vreugde? Is my vertroue in God voldoende sodat ek selfs tydens tye van hartseer, vreugde kan ervaar? Is my ervaring van genade groter as dié van sonde?



Aanhalings uit: "Biblical Psychology", © Discovery House Uitgewers
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid