Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Gedurende sekere stadiums van die geestelike lewe kry ons die morbiede opvatting dat ons alles wat ons het, moet prysgee. In die Bybel is die betekenis van opoffering om doelbewus alles wat ek besit aan God te gee, sodat Hy dit vir ewig Syne en myne kan maak. As ek daaraan vasklou, sal ek en God dit verloor. God het aan Abraham gesê om Isak as brandoffer te bring, en Abraham het dit vertolk dat hy sy seun moes doodmaak. Maar op die Berg Moria, het Abraham die verkeerde tradisionele siening oor God verloor, en 'n korrekte insig gekry oor wat 'n brandoffer beteken: 'n lewende offer (Romeine 12: 1-2). Dit lyk asof ons alles moes prysgee, alles wat ons het verloor; en in plaas daarvan dat Christenskap vreugde en eenvoud bring, maak dit ons ongelukkig; totdat ons skielik besef wat God se doel is, dat ons aan ons eie morele ontwikkeling moet deelneem, en ons doen dit deur in gehoorsaamheid die natuurlike vir die geestelike op te offer, nie deur die natuurlike te ontken nie, maar om dit op te offer.
Oordenkingsvraag: Aan watter verkeerde opvattings oor God hou ek vas, wat verhoed dat ek vreugde ervaar?
Aanhaling uit: "He Shall Glorify Me", © Discovery House Uitgewers
Oordenkingsvraag: Aan watter verkeerde opvattings oor God hou ek vas, wat verhoed dat ek vreugde ervaar?
Aanhaling uit: "He Shall Glorify Me", © Discovery House Uitgewers
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org
Verwante Leesplanne

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Nuwe Jaar, Nuwe Genade

Beter Tesame

Glo God Is Goed — Ongeag

Span Jou Tyd In Vir God

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige Gebede
