Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Bybeldagboek
Vreugde beteken die perfekte vervulling van dit waarvoor ek geskep en wedergebore is en nie om iets suksesvol te doen nie. Die vreugde wat ons Here gehad het, was om dit te doen waarvoor die Vader Hom gestuur het. Ons moet almal ons nis in die lewe vind en geestelik vind ons dit wanneer ons ons bediening van die Here ontvang. Om dit te doen moet ons met Jesus omgegaan het; ons moet Hom as meer as 'n persoonlike Verlosser ken. Het ek 'n bediening van die Here ontvang? Indien wel, moet ek daaraan getrou wees en my lewe net waardevol ag wanneer ek daardie bediening vervul.



Here, ek kom na U toe. Gee my 'n genadige ingang tot U lewe, totdat my redenasie, my verbeelding en my woorde alles van U is. Hoe wonderlik het U my gees hernu en in my die vreugde van U verlossing herstel!



Oordenkingsvrae: Wat is my geestelike nis? Wat doen ek wat net ek kan doen? Watter bediening het ek van die Here ontvang? Is ek daaraan getrou? Op watter manier is my lewe kosbaar vir Jesus?



Aanhalings uit: "Called of God and Knocking at God’s Door", © Discovery House Uitgewers