Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 13 VAN 30

Salomo het alles gehad wat 'n mens in die lewe kon hê, hy het alle middele gehad om homself te bevredig; hy het die vleeslike, geestelike, en intellektuele rigting ondersoek, maar, sê hy, jy kan geen blywende vreugde in enige van hulle vind nie. Vreugde kan net gevind word in jou verhouding met God. Jy woon op hierdie aarde, die aarde waaruit jy gekom het en waarheen jy sal terugkeer. Stof is die suiwerste element waaruit die mens bestaan, want daarin moet die heerlikheid van God geopenbaar word.



God is tevrede met wat Hy geskape het, maar totdat ons Hom leer ken, is daar baie in sy skepping waaroor ons wonder. Eers wanneer ons God verstaan, kan ons ons so in sy skepping verheug soos Hy Hom daarin verheug. 'n Kind geniet wat God geskep het; vir hom is alles wonderlik.



Oordenkingsvrae: Wat het ek nog nodig om vreugde te verkry? Wat beteken dit om jou in God se skepping te verheug? Waarom ag ek stof as 'n vloek eerder as 'n seën?



Aanhalings uit: "Still Higher for His Highest and God’s Workmanship", © Discovery House Uitgewers
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid