Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 11 VAN 30

Dit is wonderlik om te sien hoe 'n man of vrou in die lig van iets lewe wat jy nie kan sien nie. Jy kan altyd sien wanneer 'n persoon 'n onsigbare maatstaf het; daar is iets wat hulle innemend hou wanneer hulle alle rede het om suur te wees. Dit is die kenmerk van 'n Christen. Gedurende tye van gevaar bly hy standvastig. Hy het 'n anker om aan vas te hou. As ons weet dat daar 'n tyd kom wanneer alle dinge volledig verduidelik sal word, hou dit ons gees met onvernietigbare vreugde gevul.



O Here God, ek begin vaagweg onderskei wat U vir my beteken — meer as die oggendlig, meer as vreugde en gesondheid, meer as al u seëninge. Daal vanoggend opnuut op my neer en vul my met u lig.



Oordenkingsvrae: Hoe verhoed die kennis van die Een wat die toekoms vashou my om in wanhoop te verval? Op watter lig moet ek fokus om op die reis van blydskap te bly? Waar moet ek my anker plaas om te verhoed dat ek koers verloor?



Aanhalings uit: "The Place of Help and Knocking at God’s Door", © Discovery House Uitgewers
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid