Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Bybeldagboek
Mense is moeg van die gepreek oor 'n toekomstige hemel en hulle het na die ander uiterste gegaan om bloot prakties te wees. Gevolglik beroof hulle hulself van die onuitspreeklike vreugde om te weet dat alles wat God gesê het, sal gebeur. Verlossing is vir almal op die hele aarde. Alles wat deur sonde en die duiwel geskend is, is deur Jesus Christus losgekoop. Dit is vir ons absoluut onverstaanbaar. Die wêreld verteenwoordig die samelewings van mense op God se aarde, en hulle doen wat hulle wil; tog behoort die aarde nog steeds aan God. "Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe." Die sagmoedige wag vir God se tydsberekening.



Ons gaan na God toe wanneer ons geen vreugde in onsself het nie en vind dan ons krag in Sy vreugde.



Oordenkingsvrae: Rus my hart in die wete dat God vol vreugde is, alhoewel my ondervinding dié van donker wolke en duisternis is? Is my vertroue in Christus se finale oorwinning voldoende om my vreugde in stand te hou terwyl ek op die vervulling van Sy belofte wag?



Aanhalings uit: "Biblical Ethics and The Highest Good", © Discovery House Uitgewers