Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 9 VAN 30

Die Skrif is vol vermanings om te juig, om God te prys, om hardop van vreugde te sing; maar net wanneer 'n mens 'n rede het om te juig, om te prys en om hardop te sing, kan hierdie dinge werklik vanuit die hart gedoen word. Op fisiese gebied is die lewe maar vaal vir die gemiddelde siek mens, en vir dié wat siek in die siel voel, is ware opgeruimdheid en moed 'n onmoontlikheid. Totdat die siel genees is, is daar altyd 'n onderliggende vrees en angstigheid wat die blydskap en onuitspreeklike vreugde steel wat God vir al sy kinders begeer.



Slegs wanneer God 'n lewe in besit neem, kan daar bevryding van moedeloosheid kom. Om in die vrede en vreugde van God se vergifnis en guns te lewe, is die enigste ding wat blymoedigheid sal bring.



Oordenkingsvrae: Watter rede het ek om te juig? Van watter fisiese of geestelike siekte is ek genees? Uit watter moedeloosheid is ek bevry? Uit watter vrees is ek verlos?



Aanhalings uit: "Workmen of God", © Discovery House Uitgewers
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid