Wie Is God?Sample

Wat bid jy met die eerste drie bedes? — Johannes 17:1-3
Hierdie gebed word op pad na Getsemane gebid, Jesus se finale gebed op aarde vir die dissipels. Hierna sou Hy as Hoëpriester gebede bid vir hulle in die hemel (1 Johannes 2:1; Hebreërs 7:25; Romeine 8:34). Hy bid hier eers vir Homself dat Hy sy roeping kan voltooi (Johannes 17:1-8), dan vir die dissipels (Johannes 17:9-19) en dan vir die kerk (Johannes 17:20-26).
1. Onthou dat verheerliking hier slaan op die kruisdood van Jesus wat Hy net hierna sou ondergaan. Maar ook dat Jesus God prys vir die volmag wat Hy het om die (ewige) lewe aan almal wat God vir Hom gegee het, te gee. Watter perspektiewe rondom die dood maak dit vir jou oop?
2. Let op dat die inhoud van die ewige lewe nie op die hemel as sodanig dui nie, ook nie op ’n ervaring van tydloosheid nie, maar op ’n onbelemmerde verhouding met God — om die enigste ware God en die gestuurde Jesus te ken. Hoe verander dit jou perspektief op die ewige lewe?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die ewige lewe, dat jy die ware God en sy gestuurde Seun ken.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 17 lees met die tema: Jesus bid passievol vir eenheid in sy kerk.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
