Wie Is God?Sample

Wat bid jy met die eerste drie bedes? — Die belydenisskrifte
1. Lees Heidelbergse Kategismus 122-124 en dink na oor die eerste drie bedes van die Ons Vader.
122 Vraag: Wat is die eerste bede?
Antwoord: Laat u Naam geheilig word. Dit is: Gee allereers dat ons U reg ken (a) en dat ons U heilig, roem en prys in al u werke waarin u almag, wysheid, goedheid, geregtigheid, barmhartigheid en waarheid so skitter (b). Gee verder dat ons ons hele lewe, gedagtes, woorde en werke daarop sal rig dat u Naam nie om ons ontwil gelaster nie, maar geëer en geprys word (c).
(a) Johannes 17:3; Jeremia 9:24; 31:33, 34; Matteus 16:17; Jakobus 1:5; Psalm 119:105. (b) Psalm 119:137; Lukas 1:46, 47, 68, 69; Romeine 11:33. (c) Psalm 71:8;115:1.
123 Vraag: Wat is die tweede bede?
Antwoord: Laat u koninkryk kom. Dit is: Regeer ons so deur u Woord en Gees dat ons ons hoe langer hoe meer aan U onderwerp (a). Bewaar u kerk en laat dit groei (b). Vernietig die werke van die duiwel, elke mag wat teen U opstaan, en alle kwaadwillige planne wat teen u heilige Woord bedink word (c), totdat die volkomenheid van u ryk kom (d), waarin U alles in almal sal wees (e).
(a) Psalm 143:10; 119:5; Matteus 6:33. (b) Psalm 51:20; 112:6. (c) 1 Johannes 3:8; Romeine 16:20. (d) Openbaring 22:20; Romeine 8:22, 23. (e) 1 Korintiërs 15:28.
124 Vraag: Wat is die derde bede?
Antwoord: Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. Dit is: Gee dat ons en alle mense ons eie wil prysgee (a) om aan u wil, wat alleen goed is, sonder enige teëpratery gehoorsaam te wees (b), sodat elkeen sy amp en beroep net so gewillig en getrou kan beoefen en uitvoer (c) soos die engele in die hemel (d).
(a) Matteus 16:24; Titus 2:11, 12. (b) Lukas 22:42; Efesiërs 5:10; Romeine 12:2. (c) 1 Korintiërs 7:24. (d) Psalm 103:20, 21.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die Ons Vader.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
