YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 305 OF 364

Wat bid jy met die eerste drie bedes? — Matteus 6:31-34

Jesus is besig met lering oor die verdeelde lojaliteit wat kom as ‘n mens besittings najaag. Hy spel hiermee uit wat ‘n keuse om God te vertrou beteken vir ‘n mens se bekommernisse oor kos, drank, en klere. As ‘n mens op God vertrou, kan jy soek na God se koningsheerskappy en dit wat voor Hom reg is (sy geregtigheid) en Hy sal vir ons al hierdie ander dinge byvoeg. In kort: belê in God se koninkryk en Hy sal sorg vir alles wat jy nodig het.

1. Hoekom is dit so belangrik om dit van God te glo — dat Hy sorg?

2. ‘n Mens sou kon sê dat jy in God se pad kan kom met jou eie gierigheid en gehegtheid aan besittings en met jou bekommernis oor wat jy sal eet en wat jy sal aantrek, en so die gevaar loop om die voorsienings van die Here te mis! Hoe dink jy daaroor?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God vir jou sorg en dat jy dit kan waag om Hom te vertrou vir alles wat jy nodig het terwyl jy doen wat voor God reg is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 6 met die tema: Jesus fokus op die lewe van geregtigheid.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More