Wie Is God?Sample

Wat bid jy met die eerste drie bedes? — Romeine 12:1-2
Verandering kom deur die werk van die Gees. ’n Wet kan jou nie verander nie, net ’n verhouding met God waarin die Gees ons lei om nee te sê vir die sonde en ja te sê vir God. Die belangrikste plek waar ons moet verander, is in ons denke. Let op, ons verander nie net in ons hart (geloof) en ons mond (getuienis) nie (Romeine 10), maar ook in ons kop (nuwe denke). Ons moet leer om anders te dink oor die sondige wêreld sodat ons nie konformeer aan die manier van leef wat die media en vermaaklikheidswêreld aan ons opdis nie.
1. Wat is die verskille wat jy raaksien tussen die gedragspatrone van die wêreld en dít wat God behaag?
2. Wat is die dinge wat God tans vir jou help om as goed, aanvaarbaar en volmaak te onderskei?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die enigste sinvolle manier om God te dien — om Hom toe te laat om jou te omvorm tot ‘n beter onderskeiding van wat werklik goed, aanvaarbaar en volmaak is.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 12 met die tema: Ons het 'n paar kopskuiwe nodig.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

God With Us: Lessons From the Incarnation

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

Letting Go of Your Past

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance
