YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 303 OF 364

Wat bid jy met die eerste drie bedes? — Jeremia 9:23-24

Die Here spel hier die regte verhouding met Hom uit, dít waarop alle mense moet fokus, die mense met insig, die mense met krag, en die mense met rykdom. Die enigste insig, krag en rykdom lê in Godskennis. Wat God bly maak, is helder en duidelik: onfeilbare liefde (lojaliteit), reg (justice) en regverdigheid (billikheid). Dit is hoe Hy is. Dit is wat Hy van ons verwag.

1. Waar het jy nog groei nodig in jou lewe in terme van liefde, reg en regverdigheid?

2. Dat liefde, reg en regverdigheid belangriker is as insig, krag en rykdom bly ’n fundamentele feit. Dit is waarop ‘n mens fokus as jy die Here ken en Hom in alles wil erken. Hoe hanteer jy egter die konflik wat dit bring met wêreldse insig, krag en rykdom?

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan liefde, reg en regverdigheid te herinner en dit deel van jou normale lewenstyl te maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Jeremia 9 met die tema: Hulle weier om My te erken.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More