Wie Is God?Sample

Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes?
1. Wat bid jy met die laaste drie bedes in die Ons Vader — Matteus 6:11-13?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Dat U alles gee wat nodig is. Dat U vergewe soos ons ander vergewe. Dat U ons versterk deur die krag van die Heilige Gees. Dat U vir ons voorsien, ook deur my gawes. Dat U vergifnis skenk, soos ons ons naaste van harte vergewe. Dat U ons versterk teen die duiwel, die wêreld en ons eie sondige natuur totdat ons uiteindelik oorwin.
3. Lees die oproep van Petrus dat ons ons bekommernisse op God moet werp en die duiwel moet teëstaan in 1 Petrus 5:6-11. Wat tref jou?
4. Lees my verstaan van die verbintenis daarvan aan die Ons Vader gebed. Hoe help dit jou om die Ons Vader beter te verstaan?
God maak ons moedig, sterk en standvastig in gebed
In die tweede deel van die Ons Vader erken ons ons afhanklikheid van God. Ons word klein onder sy kragtige hand. Ons gee al ons bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir ons om. Hy gee vir ons alles wat nodig is. Hy vergewe ons soos ons ander vergewe. Hy versterk ons deur die krag van die Heilige Gees. Die duiwel loop immers rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Ons staan die duiwel teë in gebed. Ons bly standvastig in ons geloof. God maak ons moedig, sterk en standvastig. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid!
5. Sluit af deur die Ons Vader te bid in jou eie woorde.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
