Hoop wat kaalvoet loopSample

“Die stem vol hoop … ”
Dit was ’n gewone duif wat ’n waterskeidingsrol in Noag se lewe gespeel het. Noag moes weet wanneer dit veilig is om die ark te verlaat en stuur daarom drie maal ’n duif op die verkenningstog uit. Die eerste keer moes die duif omdraai omdat hy nêrens staanplek op die watermassas kon kry nie. Die tweede keer kom hy terug met ’n olyfblaartakkie … vol hoop. ’n Week later verander hierdie hoop in ’n vaste fondament toe hy uiteindelik sy wêreldse tuiste tussen die takke van die bome vind. Toe weet Noag dat die tyd amper reg is.
Die Goddelike Duif – die Gees van God – praat vandag steeds met ons:
Soms sê Hy: “Wees geduldig. Op die régte tyd sal jy antwoorde en ’n uitkoms kry.”
Ander kere fluister Hy: “Ek wil jou seën met die olyftakkies van die lewe. Vind rus op die plek waar jy nóú is.”
En dan is daar dié kere wat die Gees die groen lig gee: “Doen wat Ek vra. Die tyd is reg.”
GEDAGTE VIR DIE DAG: Wat sê die Heilige Gees vandag vir jou?
GEBED: Praat met my, Here. Ek luister. En ek sal doen. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture
About this Plan

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Related Plans

Peter, James, and John – 3-Day Devotional

"Jesus Over Everything," a 5-Day Devotional With Peter Burton

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Retirement: The 3 Decisions Most People Miss for Lasting Success

5 Days of 5-Minute Devotions for Teachers

Horizon Church August + September Bible Reading Plan - the Gospel in Motion: Luke & Acts

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice

One Chapter a Day: Matthew

Blindsided