YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 11 OF 14

“Wat hou jou môre in?” Ons almal wonder soms oor die toekoms. Ons stoei mos maar met vrae oor ons en die mense vir wie ons lief is se veiligheid, gesondheid, versorging en lewensverwagting. Wanneer jy soms met onsekerheid en vrees oor jou en jou geliefdes se toekoms rondloop, is dit tyd om weer deur die duisende beloftes van sorg in die Woord van God te blaai. Beloftes soos ons vind in Psalm 91:14-15 (Die Boodskap) waarin die Here self sê: “Iemand wat My liefhet, sal Ek uit enige gevaar bevry. Ek sal hom beskerm omdat hy My vertrou. Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help; Ek sal Hom in enige krisis bystaan. In sy nood sal Ek hom help. So sal Ek eer aan hom bewys.” Kinders van God word ook soms gekasty deur menslike bekommernis en twyfel. Maar God se kinders leef tóg anders: Ons leef met die hoop – die onwankelbare wéte – dat Hy in alle omstandighede by ons sal wees. GEDAGTE VIR DIE DAG: ’n Mens kan enigiets in die lewe deurstaan wanneer jy die bril van hoop dra. Dié soort hoop wat wéét: God is reeds daar. GEBED: Here, dankie dat ek U kan vertrou vir elke môre van my lewe. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 10Day 12

About this Plan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy