YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 7 OF 7

Respekvolle kommunikasie Mense sê dikwels vir my: “My huweliksmaat wil nie met my praat nie.” As dit jou huwelik beskryf, is die eintlike vraag om te vra: Hoekom? Een rede hoekom huweliksmaats ophou om met mekaar te praat, is as gevolg van negatiewe kommunikasiepatrone. Hier is ’n paar vrae om jou te help nadink oor jou eie patrone. Dink daaraan of jy iemand is wat negatief is of baie kla. * Luister ek wanneer my huweliksmaat praat, of val ek hom of haar in die rede en sê wat ek dink? * Gun ek my geliefde spasie wanneer hy of sy dit nodig het, of dwing ek hom of haar om oor iets te praat, selfs gedurende daardie tye wanneer hy of sy tyd alleen nodig het? * Hou ek ons sake privaat, of blaker ek alles uit aan almal? * Deel ek my behoeftes en begeertes in die vorm van versoeke, of stel ek eise? * Gee ek my huweliksmaat die vryheid om opinies te hê wat van myne verskil, of help ek hom of haar vinnig “reg”? As jou antwoord “ja” is op die tweede helfte van enige van hierdie vrae, is dit dalk tyd om te verander hoe jy kommunikeer. Alles gaan daaroor om jou huweliksmaat (en alle gelowiges) met liefde en respek te behandel, soos ons in 1 Petrus 2:17 lees. As jy só optree, sal dit jou huweliksmaat dalk aanmoedig om meer met jou te praat. Vader, vergewe my asseblief vir die kere dat my woorde teenoor my huweliksmaat liefdeloos en disrespekvol was. Ek het nie geluister nie; ek was veeleisend en beherend en ek het die vertroue tussen ons geskend. Ek weet my optrede is nie liefdevol nie. Help my asseblief om my te wy tot ’n nuwe, beter manier van kommunikeer. Hierdie oordenkings is saamgestel uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES deur Gary Chapman © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture

Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy