YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 1 OF 7

Sê hoe jy voel Sommige mense wonder hoekom dit nodig is om ooit hulle emosies met hulle huweliksmaat te deel. Die waarheid is egter dat as jy nie jou gevoelens openlik deel nie, dit gewoonlik deur jou optrede geopenbaar sal word. Jou geliefde gaan egter net geen idee hê hoekom jy optree soos jy optree nie. Dit is wanneer jy daardie bekende vraag: “Is iets verkeerd?” hoor. Jou huweliksmaat weet iets is verkeerd, maar hy of sy weet nie presies wat is verkeerd nie. Emosies is ’n natuurlike deel van die lewe. Koning Salomo het in Prediker geskryf dat daar ’n tyd vir alles is, en dit sluit vreugde, hartseer, droefheid en feesviering in. Alle emosies het ’n plek in ons lewe, en baie van hulle sê baie oor ons. Die meeste van ons emosies word verbind aan ’n ervaring wat ons in die verlede gehad het of iets waardeur ons op die oomblik gaan. Wanneer jy weer teleurgesteld voel, vra jou af hoekom jy so voel. Probeer dit dan met jou huweliksmaat deel. Om jou emosies te openbaar, help jou huweliksmaat verstaan wat binne-in jou aangaan – wat jy voel en hoekom. Jy sê dalk: “Ek is kwaad vir myself omdat ek gisteraand laat by die huis gekom het en toe kon ons nie gaan stap nie.” ’n Stelling soos hierdie sal jou geliefde aanmoedig om dalk ook te sê: “Ek is ook teleurgesteld. Dalk kan ons dit Donderdagaand doen.” Om jou emosies te openbaar, skep ’n gevoel van intimiteit en vertroue. Here, dit is nie vir my maklik om uitdrukking aan my emosies te gee nie. Help my om te onthou dat as ek nie my gevoelens deel nie my maat moet raai hoekom ek optree soos ek optree. Gee my asseblief die moed om te sê hoe ek voel. Mag dit ons nader aan mekaar bring.
Day 2

About this Plan

5 tale van die liefde

Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die bas...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy