YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 3 OF 7

Leer om te luister Ons sal nooit konflik kan oplos as ons nie leer om te luister nie. Baie mense dink hulle luister, maar wat hulle eintlik doen, is om vir ’n rukkie bloot nié te praat nie – hulle bly eintlik net stil terwyl hulle beplan wat hulle volgende gaan sê. Vandag se vers uit Spreuke draai nie doekies om wanneer dit iemand wat nie na ander luister nie dwaas noem. Ons hou dalk nie van daardie woord nie, maar die waarheid is as ’n mens weier om na ander te luister, wys dit op ’n gebrek aan nederigheid. Wyse mense luister na ander – veral na dié vir wie hulle lief is. Om waarlik na iemand te luister, beteken jy verstaan wat die ander persoon dink en voel. Dit behels dat jy jou probeer indink waardeur die ander persoon gaan en om die wêreld te probeer sien soos hy of sy dit sien. Hier is ’n goeie sin om mee te begin: “Ek wil verstaan wat jy sê, want ek weet dit is belangrik.” ’n Man het eenkeer vir my gesê hy het ’n bord gemaak wat sê: “Ek is ’n luisteraar.” Wanneer sy vrou begin praat het, het hy dit om sy nek gehang om hom te herinner wat hy besig was om te doen. Sy vrou sou dan glimlag en sê: “Ek hoop dit is waar.” Hy het geleer om ’n goeie luisteraar te wees. Here Jesus, dankie dat U na my luister wanneer ek bid. Help my om na my huweliksmaat te luister – werklik te luister – sodat ek hom of haar beter kan verstaan.
Day 2Day 4

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy